17 March 2023

Die Oppi-Plaas Fees Dullstroom, amper hier!

Submitted by: Jaco Snoek
Die Oppi-Plaas Fees Dullstroom, amper hier!

Oppie-Plaas Fees

Die Oppi-Plaas Fees 2023 is ‘n Afrikaanse fees wat net buite Dullstroom sal plaasvind op 17 Junie. Die fees streef daarna om ‘n dag vol vermaak vir die hele gesin te bied. Daar gaan ‘n verskeidenheid van musiekkunstenaars wees, insluitend Steve Hofmeyr, Liezel Pieters, Moonshine Country Blues Band, Tiffany Steyn en dan Dienkie en Doedels om die kinders te vermaak.  Maar dis nie net musiek nie. Daar is ook ‘n rodeo, 3D Barrel Racing, driekamp en ‘n potjiekoskompetisie.

Steve Hofmeyr sal beslis sorg vir een van die hoogtepunte van hierdie fees en sy vele aanhangers kom van heinde en verre om hierdie bekende, geliefde Afrikaanse musiekster te sien optree.

Liezel Pieters is ‘n bekende sangeres, in eie reg bekend vir haar unieke stem en treffende lirieke. Haar aanhangers sal bly wees om te verneem dat sy onlangs ‘n nuwe album vrygestel het en dat hulle  haar dan by die fees te siene sal kry. Die aanhangers van die Moonshine Country Blues Band gaan by die fees aangenaam verras word met hierdie groep se kenmerkende styl van Amerikaanse Country and Western musiek.

Tiffany Steyn is 'n nuwe kunstenaar wat beslis dopgehou moet word. Sy gaan die feesgangers betower met 'n verskeidenheid musiekstyle, haar veelsydige stem en sprankelende persoonlikheid. Sy gaan ook haar enkelsnitte met die gehoor deel.

Dienkie en Doedels is kunstenaars wat spesialiseer in kindermusiek en vermaak. Hulle sing en dans saam met die kinders en voeg ‘n element van pret en opwinding tot die fees.

Avontuur en opwinding speel ‘n groot rol by so ‘n aktiewe feesdag en die 3D Barrel Racing spreek hiervan. Perd en ruiter moet so vinnig moontlik tussen balies deurvleg en rakelings verby ‘n paar pilone jaag. Vaardigheid en kundigheid gaan ‘n vereiste wees. Aanhangers van hierdie item sal hulle asems moet ophou.

Die driekamp bied vir atlete die geleentheid om hulle vaardigheid en vermoë ten toon te stel. Die items behels hardloop, fietsry en perdry en daarom word stamina hoog aangeskryf. Beide deelnemers en toeskouers sal hierdie feeshoogtepunt  lank onthou.

Die potjiekoskompetisie het geen bekendstelling nodig nie aangesien ons Suid-Afrikaners hierdie kookmetode al van toeka se tyd af beoefen.  Deelnemers ding mee om die titel van Beste Pot te verower. Hulle gebruik verskeie bestanddele vir hulle eie pot wat met fyn beplanning, vaardigheid en ondervinding aanmekaar geslaan word. Hulle gaan uithaal en wys.

Die rodeo sal beslis 'n toppunt wees vir diegene wat van avontuur en opwinding hou. Dit is 'n geleentheid om die beste plaas-ryvaardighede in aksie te sien terwyl hulle hul bes probeer om vir agt sekondes op 'n bokspringbul te bly.

Die opbrengste van die Oppi-Plaas Fees 2023 inisiatief sal aangewend word om die Dullstroom Boere Vereniging, wat al onder plaasmoorde en veediefstal deurgeloop het, te onderskraag.

Wat ‘n wonderlike geleentheid om hierdie verdienstelike aksie te ondersteun en terselfdertyd ‘n dag van vermaak en vrolikheid te geniet.

Dullstroom se Boere Vereniging verteenwoordig boere in die Dullstroom omgewing en is ‘n nie-winsgewende organisasie. Hulle beywer hulle om volhoubare plaasbedrywighede te bevorder, boereregte te beskerm en om die plaaslike gemeenskap te ondersteun.

Kaartjie beskikbaar by iTickets https://itickets.co.za/events/467638

Facebook link: https://www.facebook.com/Oppi-Plaas-Fees-Dullstroom-113807358035456/

About The Outpost Dullstroom

Experience something unique and memorable. The Outpost, only two and a half hours’ drive from Johannesburg, provides you with relaxed, tranquil surroundings, affording you the pleasure of viewing blesbok, springbok, eland, ostrich and two beautiful dams.

There is a large variety of bird life including fish eagle breeding nests. One may even be fortunate enough to catch a glimpse of the critically endangered Wattled Crane and the White-winged Flufftail.

The Outpost, being off the beaten track, has a non-commercialized setting and great food. Whether you seek something formal or more relaxed our dedicated team will ensure your stay with us is memorable.

We offer a tailor-made package suitable for your needs (Weddings or Conferencing). Activities and accommodation will impact on the objectives you wish to achieve.

JJS Communication & Projects PTY LTD

To enhance brand perception through effective transparent communication. Our goal is to work with the brightest emerging social enterprises to awaken innovation across the region and around the world. We actively support these teams with strategic thinking and access to transformative resources to enable market expansion. Our global team of captains of industry combines experience with passion, creativity, and dedication. From rural back roads to corporate boardrooms, is committed to supporting our clients and investors. “Imagination without vision, is like a brand with no passion”

Latest from