30 March 2020

DIE EFFEK VAN INPERKING OP BADISA SE DIENSPUNTE

Submitted by: Badisa
DIE EFFEK VAN INPERKING OP BADISA SE DIENSPUNTE

Badisa het reeds ‘n week gelede voorsorgmaatreëls in plek gestel om die verspreiding van die Korona-virus te vertraag, maar die inperking noodsaak nou dat alle meganismes versterk word.  As gevolg van die inperking word slegs noodsaaklike dienste voortgesit, naamlik die versorging van ouer persone en persone met gestremdhede in residensiële fasiliteite, asook die versorging en beskerming van van kinders. Die persele vanwaar ander Badisa dienste , sal as gevolg van die nasionale inperkings gesluit wees. Personeel is op bystand geplaas om krisisse te hanteer.  

Volgens Christine Quickfall, hoof uitvoerende beampte van Badisa, het die inperking ‘n groot emosionele impak op die inwoners en hul families.  “Die bestuurders sal op gereelde basis met die familie kommunikeer om hulle gerus te stel en ingelig te hou. Ons vra ook dat familie elektroniese en telefoniese kontak met hul geliefdes sal behou waar moontlik. Ons is veral bekommerd oor die moontlikheid van depressie by ons inwoners.” Die programaktiwiteite by residensiële fasiliteite word op ‘n kreatiewe wyse aangepas om steeds in die geestelike en sosiale behoeftes van inwoners te voorsien. Die residensiële fasiliteite is ook toegerus met ‘n isolasieprotokol indien persone positief toets vir die Korona-virus. Daar word ‘n fyn balans gehandhaaf tussen die beskerming van die inwoners en die personeel wat hulle versorg.  

Die organisasie is nou meer as ooit afhanklik van die ondersteuning van befondsers en donateurs. Die fondsinsamelingsgeleenthede en inkomstegenererende projekte is nou gestaak vanweë die inperking. Skenkings van nie-bederfbare produkte, gesigmaskers en handreinigingsprodukte kan by ons residensiële fasiliteite afgelewer word. Badisa verwelkom ook finansiële bydraes wat inbetaal kan word by:

Badisa, Absa, Tjekrekening, nr 4057 2044 63, Takkode 632005, Verw: Korona 

Badisa doen ‘n beroep op die publiek om te kyk na die weerlose mense in hul gemeenskappe tydens hierdie inperkingstyd en bedank almal vir hulle hulp om die verspreiding van die Korona-virus te beperk.   

Vir meer inligting, kontak asb:

Annemarie Bezuidenhout

083 708 2049 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.