16 September 2019

Hersiene Afrikaanse Bybelvertaling vrygestel by jaarlikse Getuie-byeenkoms

Submitted by: Eugene Seegers
Hersiene Afrikaanse Bybelvertaling vrygestel by jaarlikse Getuie-byeenkoms

BLOEMFONTEIN - Meer as 8 000 byeenkomsgangers vanuit die Vrystaat, Noord-Kaap en Noord-Wes het die afgelope naweek by drie dae van Bybelgebaseerde onderrig by die Toyota-stadion baatgevind as deel van ’n internasionale byeenkomsreeks van Jehovah se Getuies. In Bloemfontein is die program van die “Liefde faal nooit”!-byeenkoms gelyktydig in Afrikaans, Engels en Suid-Sotho aangebied. 

Gedurende Vrydag se program is die 2019-uitgawe van die Nuwe Wêreld-vertaling vrygestel. Dit is ’n moderne Afrikaanse Bybel wat vir die hedendaagse leser maklik verstaanbaar sal wees. Byvoorbeeld, Matteus 5:9, een van die tekste wat Sondagoggend gedurende die Openbare Toespraak by die byeenkoms gelees is, lui soos volg: “Gelukkig is dié wat vrede maak, want hulle sal kinders van God genoem word.”  

Nog ’n bekende teks, Matteus 5:3, lui só; “Gelukkig is dié wat besef dat hulle God nodig het, want die Koninkryk van die hemel behoort aan hulle.” Die voetnoot by laasgenoemde teks gee twee alternatiewe vertalings: “wat bewus is van hulle geestelike behoefte” of “wat bedelaars vir die gees is”. 

Hierdie 2019-hersiening van die Bybel is ook aanlyn beskikbaar en kan van https://www.jw.org/af/publikasies/bybel/nwt/boeke/ in verskillende formate afgelaaie word. 

Kontak gerus Eugene Seegers (+27 83 324 9217 | This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.) vir meer inligting oor dié geleentheid, of besoek die skakels hieronder: