23 July 2011

Veiliger bababottels kry KANSA se Sel van Erkenning

Submitted by: MyPressportal Team
Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) kondig graag hul nuwe Seël van Erkenning vennoot aan. NUK, die bekende babaprodukvervaardiger, se reeks BPA-vrye bababottels vorm nou deel van ‘n reeks produkte wat deur KANSA onderskryf word as Slim Keuses (‘Smart Choices).
Die KANSA Seël van Erkenning word deur navorsing gerugsteun en word aan produkte toegeken wat 'n gesonde, gebalanseerde lewenstyl bevorder en ook tot kankervoorkoming bydra deur geen kankervormende middels te bevat nie.

“KANSA vervul ‘n belangrike ‘waghond’ rol deurdat ons aktief voorspraak maak vir produkte wat kan help om mense se kanker risiko te verlaag. In hierdie opsig is ons vennootskappe met maatskappye wat nie skroom om verantwoordelikheid te neem vir die publiek se gesondheid nie, van onskatbare waarde”, sê Sue Janse van Rensburg, KANSA se HUB.

KANSA het die uitwerking van mensgemaakte chemiese stowwe op die omgewing en as karsinogene (kankervormende middels) deeglik ondersoek. Die huidige fokus is onder meer op chemikalieë soos bisphenol A (BPA) in bababottels wat van polikarbonaat (‘n harde plastiek) gemaak word, en ook op plastiseerders in sekere kleefplastieksoorte en sagte babaspeelgoed.

Die Deense en Kanadese regerings verbied die gebruik van bisphenol A (BPA) in plastiese eetware vir klein kinders, asook die vervaardiging, invoer of verkope van bababottels wat BPA bevat. Frankryk het vroeër vanjaar dieselfde verbod ingestel. KANSA het reeds in Augustus 2008 ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse regering gedoen om ook so ‘n verbod in te stel in ‘n poging om kinders teen skadelike chemiese stowwe in speelgoed en bababottels te beskerm.

William Wertheim Aymes, Besturende Direkteur van Artemis Natural Products (NUK-agent vir Suidelike Afrika), het onlangs aangekondig dat NUK voortaan slegs BPA-vrye bababottels sal maak. “Hierdie besluit is geneem weens die feit dat ons nie te versigtig kan wees met produkte wat ons kinders kan affekteer nie.” het hy gesê. NUK Suid-Afrika verkoop reeds etlike jare twee BPA-vrye opsies, maar bogenoemde besluit raak nou veranderinge aan sy hele reeks bababottels, asook aan sy reeks bottelbykomstighede.

Meer inligting is beskikbaar by Lucy Balona, Bemarkings- en Kommunikasiehoof by KANSA: e-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.; telefoon 011 616 7662 of 082 459 5230. Besoek gerus www.cansa.org.za of bel KANSA tolvry by 0800 22 66 22, of e-pos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Meer oor KANSA
KANSA neem die voortou in die stryd teen kanker in Suid-Afrika deur 'n unieke en geïntegreerde diens aan die publiek en aan al die mense wat deur kanker geraak word, te bied. KANSA is ‘n belangrike rolspeler in kankernavorsing, en bestee jaarliks meer as R4,5 miljoen hieraan. Die wetenskaplike bevindings en kennis wat daardeur verkry word, word gebruik om KANSA se gesondheidsprogram te rig en sy waghondrol tot groter voordeel van die publiek aan te wend.

KANSA se uitgebreide gesondheidsprogram sluit in voorkomings- en opleidingsveldtogte, pasiëntsorg en –ondersteuning by wyse van 13 Tussentuistes in die groot metropolitaanse gebiede waar plattelandse kankerpasiënte kan tuisgaan tydens behandeling en ook een hospitium (in Polokwane) vir baie siek pasiënte, ondersteuningsentra wat stoma- en limfedeemklinieke behels, verhuring van mediese toerusting, en ondersteuning aan individue, kinders en gesinne wat deur kanker geraak word. KANSA verskaf ook ‘n gratis inligtingsgids – ‘n Praktiese Gids tot Kankerbegeleiding – beskikbaar in Afrikaans, Engels, seSotho en isiZulu en gefinansier deur die National Lottery Distribution Trust Fund. KANSA bied ’n tolvrye inligtingsdiens gedurende kantoorure by 0800 22 66 22 en sy webwerf www.cansa.org.za kan besoek word

Meer oor NUK
“Alles wat ons doen vir ons kinders het ’n invloed op die latere lewe”. NUK het met hierdie oortuiging homself daaraan gewy om produkte te ontwikkel wat ondersteuning gee aan en die gesonde ontwikkeling van kinders deurlopend en op die langtermyn bevorder. Meer as ’n halfeeu gelede het dr. Mueller en prof. dr. Balters hulle deskundige ortodonsiekennis benut om ’n tiet en fopspeen te ontwikkel wat nie net die baba kalmeer nie, maar ook borsvoeding simuleer. Borsvoeding of voeding met die NUK-tiet help om genoegsame spasie vir die ontwikkelende tande te skep deurdat dit die kakabeengebied versterk en vergroot, wat algemene gesonde langtermynontwikkeling tot gevolg het. Dit het wêreldwys aan ouers die gerusstelling gegee dat hulle van die begin af die regte ding doen. Dis waarom die meeste ortodontiste NUK vir hul eie kinders gebruik.

EINDE

Read more http://www.mediaweb.co.za/journalist/mnews_j_.asp?id=3929

Published in Health and Medicine