18 March 2020

Hoe om 'n vesellyn aan jou huis te koppel

Submitted by: Teresa Settas

Teen hierdie tyd het jy van al die opwinding rondom veselkonnektiwiteit in jou buurt gehoor. Dit is ongetwyfeld dat jou bure en familie hul opwinding met jou deel. Jou tieners kan nie wag om 'n vinnige internetsnelheid en megabandwydte te kry om vermaak en speletjies te stroom nie. Jou internetverbinding is op die punt om 'n groot hoeveelheid steroïede te kry wat jou ADSL-lyn soos slakpos sal laat lyk.

Maar eerstens moet jy die vesel laat installeer. Net so opwindend soos wat hierdie belofte van ‘n nuwe gekoppelde, blitsvinnige wêreld van internet-perfeksie is, net so frustrerend is dit om met tegno-terminologie te sukkel, wanneer jy net 'n eenvoudige weergawe van hoe alles werk, wil hê.

Metrofibre Networx, 'n veselnetwerkoperateur en internetdiensverskaffer (ISP), verskaf 'n stap-vir-stap-gids van die hele proses in 'n neutedop, sonder die dele wat dit na 'n groot missie laat klink:

  • Jy benodig eerstens veselinfrastruktuur in jou buurt: Die eerste stap is om vas te stel of jou buurt veselinfrastruktuur beskikbaar het. Indien daar mense was wat die afgelope paar weke of maande jou sypaadjies opgegrawe het, is die kans goed dat jou buurt vesel-gereed is. 'n Eenvoudige Google-soek sal jou ook in die regte rigting wys - 'n soektog na ‘veseldekking’ in jou buurt, sal 'n aantal verskaffers wat in jou omgewing werk, wys. In sommige gevalle sal jou infrastruktuurverskaffer en jou internetdiensverskaffer (ISP) moontlik dieselfde onderneming wees, maar dit hoef nie noodwendig so te wees nie.
  • Kies jou internetdiensverskaffer (IDV): Die internetdiensverskaffer (IDV), voorsien jou internetkonnektiwiteit en jy betaal maandeliks vir die diens. Die IDV sal 'n Wi-Fi-roeteerder in jou huis installeer en jou aan die internet konnekteer. Die meeste internetdiensverskaffers het 'n lys met internetpakkette om van te kies. Dit word bepaal deur die aflaaispoed van die verbinding wat jy kies, en dit wissel van 5 Megabyte per sekonde (Mbps) tot 200 Mbps. Die prys word bepaal deur die spoed van die lyn. Mbps is 'n maatstaf van die spoed waarteen data oorgedra word.

Die meerderheid huise het nie die hoë bandbreedtesnelhede van 100 Mbps of 200 Mbps lyne nodig nie. In Suid-Afrikaanse terme, word 'n lyn van 10 Mbps as vinnig beskou en sal voldoende wees vir ‘n gemiddelde huishouding. Dit is ook die minimum, indien jy van plan is om flieks of musiek van betaalkanale soos Netflix of Showmax te stroom. As jy van plan is om 'n meer intensiewe gebruiker te wees (om byvoorbeeld televisie of speletjies te stroom) en baie mense tuis het wat met veelvuldige toestelle koppel, hetsy via telefoon, tablet, televisie of skootrekenaar, is dit die moeite werd om die opsie van minstens 20 Mbps of meer te oorweeg.

Jy kan ook kies tussen 'n geslote of 'n onbeperkte veselverbinding. 'n Geslote veselverbinding beperk die hoeveelheid data wat jy kan gebruik tot 'n voorgeskrewe limiet. Die meerderheid ISP's bied egter onbeperkte veselverbindings, wat 'n beter opsie is indien jy van plan is om flieks te kyk of om musiek af te laai. Wees ook bewus daarvan dat onbeperkte dienste steeds 'n billike gebruiksbeleid het - wat diensverskaffers implementeer namate intekenare die limiet van hul netwerke uitbrei deur die lynsnelheid 'terug te hou' sodra sekere gebruiksdrempels bereik is.

Wees versigtig om nie jou volledige ISP-besluit op die eerste beskikbare datum of prys te verbind nie. Die meeste huis-infrastruktuurverskaffers het verskillende internetdiensverskaffers wat vanaf hul lyn werk en kan jou baie keuses en pryspakkette aanbied vir jou vesellynverbinding.

  • Verbinding van vesel aan jou huis: Sodra jy besluit het op 'n internetdiensverskaffer en pakket, sal jou internetdiensverskaffer 'n tyd opstel wat vir jou gemaklik is om jou roeteerder te installeer en jou vesellyn aan jou huis te koppel.

Die meeste ISP's sal jou voorsien van 'n roeteerder wat by jou pakket ingesluit is - in die meeste gevalle bly die roeteerder die eiendom van die ISP. Dit is 'n toestel wat lyk soos 'n klein boksie met lugdrade en klein flitsende ligte. Uiteindelik sal die roeteerder jou internetverbinding via 'n tegnologie, genaamd Wi-Fi, uitsaai na toestelle in jou huis, soos jou telefoon of televisie - dink aan dit as 'n onsigbare internetverbinding waarmee jy via radiogolwe konnekteer. Jy kan ook 'n toestel soos jou televisie of skootrekenaar direk aan jou roeteerder koppel met 'n Ethernet-kabel, wat ons aanbeveel as jy van plan is om flieks of liedjies vanaf jou televisie te stroom. Jy sal vind dat videostroming data-intensief is en dat dit meer bandbreedte kan verg, waardeur ander dienste en toestelle ‘n vertraging veroorsaak of buffer. Dit is geneig om erger te word namate meer toestelle met die Wi-Fi verbind word. 'n Draadverbinding (Ethernet-kabel) is meer betroubaar as die Wi-Fi-sein van dieselfde roeteerder.

Jou ISP sal jou roeteerder en tuisnetwerk op stel, en ook, baie belangrik, jou wagwoord vir jou roeteerder opstel. Dit stel jou in staat om te bepaal wie aan jou vesellyn konnekteer, en is 'n noodsaaklike veiligheidsmaatreël. Van hier is dit so eenvoudig om dan na die Wi-Fi-netwerk op jou toestel te soek - soek die naam wat jou ISP vir jou tuisnetwerk geskep het, kies dit uit die lys, voer die sekuriteitswagwoord in, en voila, jy is gekoppel!

Besoek www.metrofibre.co.za vir meer inligting.